From “struggle” to “post-revolutionary” politics: The National Party, the African National Congress, and the “great rapprochement”
Die Nasionale Party as regerende party onder Suid-Afrika se apartheidsbestel, en sy langtydse teenstander en navolger, die African National Congress, blyk onwaarskynlike onderwerpe vir ‘n vergelyking: Die een verwant aan, en bekend vir, bekrompe etniese “verregse” nasionalisme, militante anti-Kommun...
Main Author: | |
---|---|
Format: | Article |
Language: | English |
Published: |
AOSIS
2009-05-01
|
Series: | Contree |
Subjects: | |
Online Access: | https://newcontree.org.za/index.php/nc/article/view/389 |
Summary: | Die Nasionale Party as regerende party onder Suid-Afrika se apartheidsbestel, en sy langtydse teenstander en navolger, die African National Congress, blyk onwaarskynlike onderwerpe vir ‘n vergelyking: Die een verwant aan, en bekend vir, bekrompe etniese “verregse” nasionalisme, militante anti-Kommunisme, rassisme, en deur sommige kritici ge-etiketeer as te assosieer met afwisselende kwasie-fascisme. Die ander: Die ANC, as ‘n politieke groepering met vae sosialistiese neigings en langdurige bande met die Kommunistiese Party. Tog het beide die NP en die ANC baie in gemeen. Beide het ontwikkel in ‘n tyd van oorloë: Byvoorbeeld die Suid-Afrikaanse Oorlog, die Wêreldoorloë, en ‘n langdurige stryd teen ‘n vorm van blanke heerskappy. Albei het ook vir jare hulself aangebied as buitengewone politieke party binne ‘n nasionalistiese grondslag (NP: Veral die wit Afrikaan en die ANC: Veral die swart Afrikaan) en as bewegings gemoeid met ‘n revolusionêre stryd teen ‘n onderdrukkende stelsel (NP: Teen Britse kolonialisme en die ANC: Teen apartheid). Voorts was albei ondubbelsinnig teenoor grootskaalse kapitalisme. Toe beide hierdie politieke groeperinge in ‘n stadium aan bewind gekom het, het elk ’n meer pragmatiese vorm van politiek gevolg, ‘n wyer steunbasis gesoek, en hulle aangepas by die voorskrifte van die wêreldkapitalisme. Tog het geeneen heeltemal ontslae geraak van die “strydpolitiek” nie. Dit sluit in ‘n beperkte geduld met direkte kritiek, of standpunte oor, die desentralisasie van gesag, asook die neiging om terug te val op groepsidentiteit en ‘n sterk afkeer te toon vir individualistiese liberalisme. Ondertussen het die NP tot niet gegaan, en heelwat van die oorblyfsels daarvan is deur die ANC verswelg. In vele opsigte beklemtoon hierdie historiese gegewe in welke mate hierdie “ou vyande” met mekaar in gemeen gehad het. |
---|---|
ISSN: | 0379-9867 2959-510X |