Summary: | Pleegplasings by familie as vorm van substituutsorg, is die vinnigs groeiende kindersorgdiens in
die Verenigde State van Amerika (voorts genoem die VSA) as gevolg van ’n afname in geskikte
pleegouers (Wilson & Chipunga, 1996:387). Dieselfde tendens word in Suid-Afrika ondervind.
Volgens die Witskrif vir Welsyn (Ministry for Welfare and Population Development, 1997) neem
versorging van kinders buite hul biologiese ouerhuise toe. Die Discussion Paper van die
Kinderwet ( no 74 van 1983) beaam dat die veranderde sosio-ekonomiese behoeftes in Suid-Afrika
lei tot ’n afname in geskikte pleegouers (SA Law Commission, 2002:713). Die gebrek aan
navorsing (Strydom, 2003:302) oor bejaardes was ’n bydraende motivering om die ervaring van
die grootmoeder as familiepleegouer te ondersoek.
|