’n Nuwe Groot Trek-mite: Herverbeelding van identiteit in Die Pad na Skuilhoek deur Hans du Plessis

In hierdie artikel sal aangetoon word hoe Hans du Plessis in sy roman Die pad na skuilhoek die idee van die geskiedenis as ’n feitelik agterhaalbare reeks gebeure in die verlede ondermyn en dit weer bruikbaar en relevant maak vir die hede deur klem te lê op maatskaplike kwessies wat vir hedendaagse...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Marlies Taljard
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: AOSIS 2013-11-01
Series:Literator
Online Access:https://literator.org.za/index.php/literator/article/view/417
Description
Summary:In hierdie artikel sal aangetoon word hoe Hans du Plessis in sy roman Die pad na skuilhoek die idee van die geskiedenis as ’n feitelik agterhaalbare reeks gebeure in die verlede ondermyn en dit weer bruikbaar en relevant maak vir die hede deur klem te lê op maatskaplike kwessies wat vir hedendaagse lesers relevant is. Eerstens sal gefokus word op die verpersoonlikte maatskaplike kodes waarvolgens die hoofkarakters se gedrag en identiteit gevorm word en hoe dié identiteit tersaaklik is vir die maatskaplike opset waarbinne die roman ontvang word. Tweedens sal die kwessie van kulturele en nasionale identiteit belig word soos dit in die roman vergestalt word. Aan die hand van dié insigte sal gepoog word om die vraag te beantwoord wie of wat die Afrikaner ten tye van die Groot Trek was. Ten slotte sal aangetoon word hoe Du Plessis gedateerde praktyke van geskiedkundige interpretasie en fiksionele representasie vermy deur die keuse om die ekokritiek as ideologiese raamwerk vir sy roman te neem. Sodoende word ’n nuwe maatskaplike mite oor die Groot Trek gevestig.
ISSN:0258-2279
2219-8237