Changing profile: The public face of the University of Pretoria over a century, 1908 - 2008

In die tydperk na die eerste demokratiese verkiesing in 1994, het die meeste tersiêre opvoedkundige instellings in Suid-Afrika, insluitend die vorige sogenaamde “apartheid” universiteite, weens verskeie redes gepoog om hulle as demokraties en inklusief te bemark. Om ‘n instelling op so ‘n wyse te be...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Ria van der Merwe
Format: Article
Language:English
Published: AOSIS 2010-11-01
Series:Contree
Subjects:
Online Access:https://newcontree.org.za/index.php/nc/article/view/371
Description
Summary:In die tydperk na die eerste demokratiese verkiesing in 1994, het die meeste tersiêre opvoedkundige instellings in Suid-Afrika, insluitend die vorige sogenaamde “apartheid” universiteite, weens verskeie redes gepoog om hulle as demokraties en inklusief te bemark. Om ‘n instelling op so ‘n wyse te bemark dat dit blyk om aan die heersende politieke of sosiale norme te konformeer, is nie ‘n nuwe tendens in tersiêre opvoeding nie. Tersiêre opvoedkundige instellings in Suid-Afrika het sedert hulle totstandkoming verskeie vorme van media, insluitend koerantartikels, advertensies, publikasies, film en TV gebruik om hulle openbare beeld te bevorder. Die wyse waarop die Universiteit van Pretoria en sy voorganger, die Transvaal Universiteitskollege, bemarking gebruik het en hoe die invalshoek daarvan gewysig is na gelang die politieke en sosiale omstandighede in Suid-Afrika verander het, word as voorbeeld gebruik om hierdie stelling te illustreer.
ISSN:0379-9867
2959-510X