Inskripsies uit Oud-Testamentiese tyd

In Die Vaderland van 10 April 1967 het daar ’n klein persberiggie verskyn wat meld dat daar by die opgrawinge te Deir cAlla in Transjordanië onder leiding van dr. H. J. Franken ’n onbekende skrif ontdek is, „wat dui op ’n onafhanklike groep wat gedurende die Bybelse tyd in Transjordanië gewoon het”....

Full description

Bibliographic Details
Main Author: E.J. Smit
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: Scriber Editorial Systems 1967-03-01
Series:Koers : Bulletin for Christian Scholarship
Online Access:https://www.koersjournal.org.za/index.php/koers/article/view/1428
Description
Summary:In Die Vaderland van 10 April 1967 het daar ’n klein persberiggie verskyn wat meld dat daar by die opgrawinge te Deir cAlla in Transjordanië onder leiding van dr. H. J. Franken ’n onbekende skrif ontdek is, „wat dui op ’n onafhanklike groep wat gedurende die Bybelse tyd in Transjordanië gewoon het”. Inderdaad is daar deur dieselfde Nederlandse ekspedisie onder die bekwame leiding van dr. Franken in 1964 al kleitablette met ’n onbekende skrif (vermoedelik dieselfde as wat die persberiggie bedoel) gevind. In ’n kort nota enkele dae na die vonds het dr. Franken by foto-afdrukke van die tablette gemeld dat sommige letters van die waarskynlik alfabetiese skrif ooreenkoms vertoon met die Fenisiese Byblosskrif van Ahiram, maar dat daar waarskynlik ook ’n Suid-Semitiese element in die skrif aanwesig is. Die tablette word gedateer in ongeveer die einde van die dertiende, begin van die twaalfde eeu v.C.
ISSN:0023-270X
2304-8557