Skynbaar ‘onmoontlike’ kunsvorme: Strijdom van der Merwe se aardkuns in die konteks van die Suid-Afrikaanse kunsmark

Hierdie artikel bied ’n ondersoek na die werk van Strijdom van der Merwe, die gedagte van aardkuns en die kunstenaarsboek in die konteks van die historiese en eietydse kunsmark. Die stelling dat ‘indien iets kuns genoem kan word, kan dit ook verkoop word’ word gebruik as vertrekpunt – ook in die gev...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Jean le Clus-Theron
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: AOSIS 2012-11-01
Series:Literator
Online Access:https://literator.org.za/index.php/literator/article/view/26
Description
Summary:Hierdie artikel bied ’n ondersoek na die werk van Strijdom van der Merwe, die gedagte van aardkuns en die kunstenaarsboek in die konteks van die historiese en eietydse kunsmark. Die stelling dat ‘indien iets kuns genoem kan word, kan dit ook verkoop word’ word gebruik as vertrekpunt – ook in die geval van kunsvorme wat skynbaar ‘onmoontlik’ is om te verkoop, soos aardkuns. Hierdie artikel besin oor die werk van Strijdom van der Merwe, die bekendste Suid Afrikaanse aardkunstenaar, binne die ietwat ongewone konteks (vir aardkuns) van die Suid-Afrikaanse kunsmark. Hy is ’n suksesvolle voltydse aardkunstenaar; nogal ’n uitsonderlike verskynsel binne die Suid-Afrikaanse kunsomgewing. Aardkuns is allerweë in die 1960s beskou as ’n ‘onmoontlike’ kunsvorm om te verkoop, en hierdie artikel ondersoek die geldigheid van hierdie stelling vir vandag. Die navorsingsmetode van die artikel is semi-gestruktureerde onderhoude en ’n literatuurstudie. My argument is, met verwysing na Van der Merwe se werk, dat die stelling ‘indien iets kuns genoem kan word, dit verkoopbaar is’ waar mag wees, maar met die moontlike voorbehoud van ‘verkoopbaar – op die een of ander manier’.
ISSN:0258-2279
2219-8237