Die ontwerp van ʼn Afrikaanse taakgebaseerde rekenaaronderrigprogram vir internasionale studente aan die Universiteit Stellenbosch
Die navorsing waaroor in hierdie artikel verslag gelewer word, is spesifiek gerig op nie- Afrikaanssprekende internasionale studente aan die Universiteit Stellenbosch (US). Die doel van die breë navorsing wat onderneem word en waarvan in dié artikel slegs gedeeltelik verslag gelewer word, is om d...
| Main Authors: | , |
|---|---|
| Format: | Article |
| Language: | Afrikaans |
| Published: |
Stellenbosch University
2014-12-01
|
| Series: | Stellenbosch Papers in Linguistics Plus |
| Subjects: | |
| Online Access: | https://spilplus.journals.ac.za/pub/article/view/623 |
| Summary: | Die navorsing waaroor in hierdie artikel verslag gelewer word, is spesifiek gerig op nie-
Afrikaanssprekende internasionale studente aan die Universiteit Stellenbosch (US). Die doel van
die breë navorsing wat onderneem word en waarvan in dié artikel slegs gedeeltelik verslag
gelewer word, is om die moontlike ontwerp van ʼn taakgebaseerde rekenaarprogram vir die kursus
Beginner Afrikaans Vlak 1 te illustreer. Die navorsing val binne twee breë vakgebiede, waarvan
die eerste een die taakgebaseerde benadering tot leer en onderrig is en die tweede een
rekenaargesteunde taalonderrig (RGTO). Taakgebaseerde leer en onderrig is ʼn onderrigbenadering
waar die fokus van die studente op die bereiking van ʼn doelwit geplaas word. Volgens
Duran en Ramaut (2006) en Van Avermaet en Gysen (2006) is die vertrekpunt van enige
taakgebaseerde benadering ’n behoefte-analise. Vir hierdie studie het die studente ʼn vraelys
voltooi. As deel van die behoefte-analise gebruik die studente, saam met die vraelys, die Europese
Referensiekader (ERK) (2001) om hulle taalvaardighede te assesseer. Die studente verskaf ook
inligting oor onderwerpe wat hulle graag in die klas behandel wil hê. Nadat die taakgebaseerde
benadering bespreek is, word daar op Mayer (2009, 2011) se kognitiewe teorie van multimedialeer
gefokus. Dit dien as vertrekpunt vir die tweede vakgebied, naamlik rekenaargesteunde
taalonderrig (RGTO) wat verder in hierdie artikel bespreek word. Hierdie teorie verskaf die
agtergrond vir enige aktiwiteit wat op die rekenaar ontwerp word. Nadat die kognitiewe teorie
van multimedia-leer bespreek is, word daar op vier multimedia-instruksiebeginsels, deur Mayer
(2009, 2011) ontwikkel, gefokus, naamlik die oortolligheidseffek, die samehangeffek, die
ruimtelike-aangrensingseffek en die verpersoonlikingseffek. Hierdie beginsels word kortliks
bespreek, voordat ʼn verbinding tussen die twee vakgebiede gemaak word deur die bevindinge
wat sover van studente verkry is, te gebruik en dan prakties te toon hoe een van die
instruksiebeginsels moontlik aan die studente voorgestel kan word in die rekenaarprogam. |
|---|---|
| ISSN: | 1726-541X 2224-3380 |