Race discrimination in South Africa: An overview

In hierdie oorsigartikel word die vernaamste verskyningsvorme van rasbepaalde diskriminasie (apartheid) bondig teen die raamwerk van die gelykheidsbeginsel bespreek. Die beginsel (soms ook bekend as die diskriminasieverbod) is in S uid-Afrika van besondere belang ges...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: N. J. J. Olivier
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: Scriber Editorial Systems 1989-01-01
Series:Koers : Bulletin for Christian Scholarship
Online Access:https://www.koersjournal.org.za/index.php/koers/article/view/836
Description
Summary:In hierdie oorsigartikel word die vernaamste verskyningsvorme van rasbepaalde diskriminasie (apartheid) bondig teen die raamwerk van die gelykheidsbeginsel bespreek. Die beginsel (soms ook bekend as die diskriminasieverbod) is in S uid-Afrika van besondere belang gesien die historiese en huidige beklemtoning van ras as primére ordeningskriterium in die Suid-Afrikaanse reg. Die werkwyse wat gevolg word, is om na 'n uiteensetting van die gelykheidsbeginsel in 'n aantal internasionale verdrae, die Gereformeerde Ekumeniese Sinode se Testimony on human rights en die voorgestelde menseregteakte van die Suid-Afrikaanse Regskommissie, n bondige oorsig van 'n aantal verskyningsvorm e van statutére apartheid te gee. Ten slotte word gekonkludeer dat 'n behoorlike en diepgaande proses om die wetgewing en verbandhoudende administratiewe praktyk te herroep, n conditio sine qua non v ir die erkenning en afdwinging van die gelykheidsbeginsel is.
ISSN:0023-270X
2304-8557