Huldeblyk Marthinus Beukes

Marthinus P. Beukes was ’n merkwaardige, enigmatiese persoon. Hy word groot op die myndorp Orkney, blink op skool uit as atleet en leier en toon vroeg reeds sy akademiese kapasiteit. Veral sy liefde vir taal en letterkunde wys reeds op dié stadium. Die traumatiese dood van sy ma op ’n vroeë ouderdom...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Tom Gouws
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: Tydskrif vir Letterkunde Association 2017-03-01
Series:Tydskrif vir Letterkunde
Subjects:
Online Access:https://journals.assaf.org.za/index.php/tvl/article/view/1828
Description
Summary:Marthinus P. Beukes was ’n merkwaardige, enigmatiese persoon. Hy word groot op die myndorp Orkney, blink op skool uit as atleet en leier en toon vroeg reeds sy akademiese kapasiteit. Veral sy liefde vir taal en letterkunde wys reeds op dié stadium. Die traumatiese dood van sy ma op ’n vroeë ouderdom sou lewenslank ’n ontsaglike invloed op hom hê. Marthinus studeer aan die Potchefstroomse Universiteit vir CHO, en onderskei hom as ’n uitsonderlike student in die letterkunde en die filosofie. Sy passie vir onderrig laat hom ’n onderwyser word by die Hoërskool Jeugland, die Hoërskool Wonderboom en later die Afrikaans Hoër Seunskool in Pretoria. Hy inisieer by elke skool uiters suksesvolle skryfskole vir leerders, ook tienertoneelkompetisies, waarmee hy groot welslae behaal.
ISSN:0041-476X
2309-9070