Die liefde wat die son beweeg en die ander sterre: Digterlike transendering – tot die vermenigvuldigde lewe ontroer
T.T. Cloete se oeuvre word onder andere gekenmerk deur fyn waarneming van ’n mistieke vervlegtheid in die skepping. Dit word op vele maniere ontgin en geïnterpreteer. Die poëtiese potensiaal van die vrou, in uiteenlopende gestaltes, is een van die sentrale temas waardeur die digter hieraan vorm gee....
Main Author: | |
---|---|
Format: | Article |
Language: | Afrikaans |
Published: |
AOSIS
2014-09-01
|
Series: | Literator |
Summary: | T.T. Cloete se oeuvre word onder andere gekenmerk deur fyn waarneming van ’n mistieke vervlegtheid in die skepping. Dit word op vele maniere ontgin en geïnterpreteer. Die poëtiese potensiaal van die vrou, in uiteenlopende gestaltes, is een van die sentrale temas waardeur die digter hieraan vorm gee. In die kunstige, bibliofiele uitgawe Uit die wit lig van my land gesny val die lig op die vrou se kreatiewe rol in die groter skepping wat haar onder andere identifiseer as haarveer vir digterlike insig en vormgewing. Vrou (alternatief Anna Perenna, universele moeder), is nie slegs draer van die lewenskiem wat tot gees transendeer nie, maar sy funksioneer as ligbron (’sonvrou’) wat selfs kosmiese insig verwesenlik. Dit raak meervoudige vorms en patrone waarin die mens ingeweef is in die universele hologram van lewe. Vir die digter is hierdie patroonvorming vergelykbaar met die maak van Persiese tapyte waarvan die patrone vasgelê is in die geheue van voorouers, en oorgedra word na opeenvolgende geslagte. In dié verkenning word digterlike transendering ontgin as ’n proses waarin die kleurvolheid van lewe en dood in en deur individuele sowel as universele vroulikheid geïnspireer word. |
---|---|
ISSN: | 0258-2279 2219-8237 |