Herondersoek van die verwantskap tussen die onderwerpkongruensie-morfeem en (on)bepaaldheid in Noord-Sotho

Die grammatikale posisie van die onderwerpnaamwoord-frase in Noord-Sotho is links van die predikaat. Die onderwerpskongruensie-morfeem is ’n verpligte skakel tussen die onderwerpnaamwoord-frase en die predikaat. Vakkundiges het die rol van hierdie morfeem uit verskillende perspektiewe bestudeer. Dit...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Mampaka L. Mojapelo
Format: Article
Language:Afrikaans
Published: AOSIS 2013-06-01
Series:Literator
Online Access:https://literator.org.za/index.php/literator/article/view/377
Description
Summary:Die grammatikale posisie van die onderwerpnaamwoord-frase in Noord-Sotho is links van die predikaat. Die onderwerpskongruensie-morfeem is ’n verpligte skakel tussen die onderwerpnaamwoord-frase en die predikaat. Vakkundiges het die rol van hierdie morfeem uit verskillende perspektiewe bestudeer. Dit staan ook vas dat hierdie morfeem ’n tweeledige funksie het. Die funksie is eerstens om die kongruensie tussen die onderwerpnaamwoord en die predikaat te stel, en tweedens om as voornaamwoord na ’n voorafgaande gesprek te verwys. Hierdie artikel ondersoek opnuut die primêre rol van die onderwerpskongruensie-morfeem in Noord-Sotho as ’n funksie van die vertolking van ’n onderwerpnaamwoord as bepaald of onbepaald. Dit word gedoen (1) deur opnuut aandag te gee aan bestaande werke wat regstreeks of onregstreeks met (on)bepaaldheid en/of ’n onderwerpskongruensie-morfeem verbind is; (2) deur enkele tekste te ontleed wat bespreking van die saak kan aanhelp; en (3) deur die bevindinge van vorige werke met die huidige ontleding in verband te bring. Die eerste hipotese in hierdie artikel is dat daar gevalle kan voorkom wanneer naamwoord-frase as bepaald geïnterpreteer kan word as ’n klas 9 naamwoord-frase wat persone denoteer ’n klas 1 onderwerpskongruensie-morfeem oorneem. Die tweede hipotese is dat hoewel die onderwerpsposisie meestal as onderwerp en bepaald beskou word, sluit dit nie onbepaaldenaamwoord-frases uit nie, met die gevolg dat dit kan gebeur dat onbepaaldenaamwoord-frases deur middel van die onderwerpskongruensie-morfeem ook met predikate kan kongrueer.
ISSN:0258-2279
2219-8237