F. Heyvaert, A. Moerdijk, M. Mooijaart, M. Smits en R. Tempelaars (redactie). Het grootste woordenboek ter wereld: Een kijkje achter de kolommen van het Woordenboek der Nederlandsche Taal (WNT)
In die eerste gedeelte van hierdie resensie gaan ek aan die hand van bepaalde artikels probeer aantoon in watter opsig die WNT as die grootste woordeboek ter wêreld beskou kan word. In sy artikel "Het WNT in cijfers" bied A. Moerdijk syfers aan om die omvang van die WNT aan te toon. Hy noe...
Main Author: | |
---|---|
Format: | Article |
Language: | Afrikaans |
Published: |
Woordeboek van die Afrikaanse Taal-WAT
2011-10-01
|
Series: | Lexikos |
Online Access: | http://lexikos.journals.ac.za/pub/article/view/861 |
Summary: | In die eerste gedeelte van hierdie resensie gaan ek aan die hand van bepaalde artikels probeer aantoon in watter opsig die WNT as die grootste woordeboek ter wêreld beskou kan word. In sy artikel "Het WNT in cijfers" bied A. Moerdijk syfers aan om die omvang van die WNT aan te toon. Hy noem onder andere dat die WNT 30 dele beslaan wat in 40 volumes ("banden") ingedeel is. Dit sluit die een supplementdeel in. (Daar is meer volumes as dele, aangesien sommige dele om bepaalde redes in kleiner dele of "deelstukken" opgedeel moes word. Elke deel en "deelstuk" kry 'n eie volume.) Verder beslaan die WNT 45 805 bladsye (of, volgens 'n spesiale berekening van die drukker van die WNT, meer as 117 000 gewone "boekbladsye"). Moerdijk beweer dat die omvang van 'n woordeboek deur die hoeveelheid karakters bepaal word. Volgens 'n berekening van die drukker bevat die WNT meer as 309 miljoen karakters. |
---|---|
ISSN: | 1684-4904 2224-0039 |