Summary: | <p>Die Tweede Anglo-Boereoorlog (1899 - 1902) het byna drie jaor gewoed.</p> <p>Die Britsemilitêre verliese is, afgerond, op ongeveer 7 000 gesneuweldes en 20 000 gewondes geskat, Die republikeinse militêre verliese word op ongeveer 4 000 gesneuweldes bereken. Die aantal gewondes is onbekend, terwyl ongeveer 27 000 Boere 'n deel van die oorlog as krygsgevangenes in kampe in Suid-Afrika of elders deurgebring het.</p> <p>Van die burgerlike bevolking was ongeveer 116 000 Blankes en 115 000 Swartes in kampe gevange gehou. Die konsentrasie- of burgerkampe het 27 027 mans, vrouens en kinders as slagoffers geëis. Hierdie getal het ongeveer 14 000 kinders ingesluit. Die kampe vir Swartes het meer as 15 000 lewens geëis.</p>
|