Fashion and family business entrepreneurs: Jaff and Company, 1931 – 1980

Sam Jaff was deel van ‘nmerkwaardige geslag entrepreneurs wat die klerebedryf in Suid-Afrika gevestig het. In 1931 vestig hy die vroueklerefabriek, Jaff and Company, in Johannesburg, wat vinnig in ‘n familiebesigheid ontwikkel het. Die fabriek was die eerste wat met die massaproduksie van modieuse d...

Full description

Bibliographic Details
Main Author: Hanlie dos Santos
Format: Article
Language:English
Published: AOSIS 2009-11-01
Series:Contree
Subjects:
Online Access:https://newcontree.org.za/index.php/nc/article/view/381
Description
Summary:Sam Jaff was deel van ‘nmerkwaardige geslag entrepreneurs wat die klerebedryf in Suid-Afrika gevestig het. In 1931 vestig hy die vroueklerefabriek, Jaff and Company, in Johannesburg, wat vinnig in ‘n familiebesigheid ontwikkel het. Die fabriek was die eerste wat met die massaproduksie van modieuse damesklere begin het. Tot in die 1980s bly Jaff and Company een van die grootste vervaardigers van damesklere en verskaf werk aan 2,300 werkers. Die maatskappy bly voortbestaan as ‘n familiebesigheid en in 1980 besit die Jafffamilie nog steeds 60 persent van die aandele van die maatskappy. Eerstens skets hierdie artikel die politieke en ekonomiese agtergrond van die periode 1930 tot 1960, waartydens Jaff and Company geweldig gegroei het. Die agtergrond van die ontwikkeling van die damesklerebedryf gedurende die periode word ook geskets. Verder is die fokus op die groei van Jaff and Company gedurende die periode 1931 tot 1980 en op die maatskappy as ‘n familiebesigheid, asook op Sam Jaff as entrepreneur en leier in die sakegemeenskap.
ISSN:0379-9867
2959-510X