Die verifikasieprobleem in die opvoedkunde
Dit behoef geen lang en ingewikkelde betoog om weer die belangrikheid en die ingewikkeldheid van die verifikasieprobleem hier te stel nie: trouens, elke wetenskaplike het al op die een of ander wyse te doen gekry met die probleem van waarheid en verifikasie in die loop van die beoefening van sy beso...
Main Author: | |
---|---|
Format: | Article |
Language: | Afrikaans |
Published: |
Scriber Editorial Systems
1978-02-01
|
Series: | Koers : Bulletin for Christian Scholarship |
Online Access: | https://www.koersjournal.org.za/index.php/koers/article/view/1159 |
Summary: | Dit behoef geen lang en ingewikkelde betoog om weer die belangrikheid en die ingewikkeldheid van die verifikasieprobleem hier te stel nie: trouens, elke wetenskaplike het al op die een of ander wyse te doen gekry met die probleem van waarheid en verifikasie in die loop van die beoefening van sy besondere wetenskap. ’n Oorsig van die geskiedenis van die wetenskap bring veral een saak sterk op die voorgrond, naamlik dat daar tussen kennis en waarheid ’n besonder noue samehang bestaan, dermate dat dit selfs gesê kan word dat kennis nie sonder waarheid bestaan nie. As die sekerheid van die waarheid ontbreek, kan daar nie van kennis gepraat word nie, maar hoogstens van vermoede, mening (Gr. doxa) of waarskynlikheid (Spier, 1950:148). Anders as denke is kenne altyd op die een of ander wyse op die waarheid betrokke (Spier, 1950:129). |
---|---|
ISSN: | 0023-270X 2304-8557 |